Hoe gaan dit met jou hart?
Geskryf deur Rosa Duvenhage
Johannes 3:16 - “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê
Die vraag, wat is liefde, is aan ’n klassie met voorskoolse kindertjies gevra. Hier is ’n paar van die antwoorde.
o "When my grandmother got arthritis, she couldn't bend over and paint her toenails anymore. So my grandfather does it for her all the time, even when his hands got arthritis too. That's love." Rebecca- age 8
o "Love is when you tell a guy you like his shirt, then he wears it everyday." Noelle - age 6
o "Love is when my mommy makes coffee for my daddy and she takes a sip before giving it to him, to make sure the taste is OK." Danny - age 7
o "You really shouldn't say 'I love you' unless you mean it. But if you mean it, you should say it a lot, because People forget." Jessica - age 8
o "When someone loves you, the way they say your name is different. You just know that your name is safe in their mouth." Billy – age 4
Jesus het nie verniet gesê dat ons soos kindertjies moet word om die Koninkryk van God te ontvang nie. (Markus 10:15) Kinders kyk verby die “window dressing” van die wêreld.
Liefde is soos suurstof, niemand kan daarsonder oorleef nie. Sonder liefde is daar niks, gee begin, geen einde geen storielyn!
Spreuke 4:23 sê: Wees versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Daar is ’n direkte lyn tussen liefde en die mens se hart. Die hart is die kern van ons menswees. Dis die beheerkamer van ons elke dag se lewe. In ons hart lê die potensiaal waarmee God ons geskape het om te wees wie Hy ons gemaak het om te wees, perfek en volgens Sy beeld.
Die vraag is hoekom sien ons dit dan nie in ons lewe nie en hoekom leef ons nie in oorwinning nie?In Markus 6:52 lees ons van die dissipels wie se harte verhard was. Die Griekse woord vir “verhard” beteken hier, “’n dik vereelte vel”. Ons lewe in ’n wêreld waar swaarkry, skinder, agterbaksheid, teleurstelling, oneerlikheid, gierigheid en haat dinge is waarmee ons gereeld gekonfronteer word. In die stryd om onsself te beskerm teen swaar en seer verhard ons harte en onbewustelik veroorsaak dit “afstand” tussen ons en God en steel dit `n lewe van oorwinning.
Die Here gee egter vir ons die volgende riglyn:
2 Korintiërs 10: 3-5
“Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.
Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig.
Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word.
Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.”
Dit is dus baie belangrik waarmee ons onsself besig hou. Waaroor dink jy? Wat lees en kyk jy? Aan watter gesprekke neem jy deel? 2 Kor.10:5 leer ons, om ons gedagtes gevange te hou. Om nie ingetrek te word deur die praatjies van die wêreld nie, maar om te fokus op dit wat Jesus reeds oorwin het!
Ons lees in Esegiël 36:26 die volgende wonderlik woorde - “Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die klip-hart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.”
Meeste van ons het jare terug reeds ons harte vir Jesus gegee, vandag is dit dalk weer tyd, om vir Jesus in te nooi en hom toe te laat om nie net die eelte om ons harte te verwyder nie, maar vir ons nuwe harte te gee. Om die Heilige Gees toe te laat om ons te leer hoe om ons gedagtes gevange te hou en hemelse dinge te bedink, al is die wêreld rondom ons in chaos!
Here
Dankie, dat U vir my gesterf het sodat ek ’n lewe van oorwinning kan leef. Gee vandag vir my ’n nuwe hart en ’n nuwe gees!
Amen
No comments:
Post a Comment